Skrywe aan voornemende studente:
In 1992, na meer as twaalf jaar se ervaring as Jagondernemer en Beroepsjagter met buitelandse kliënte, het ek besluit om die S.A. Nasionale Beroepsjagskool te begin. My motivering was om my eie ervaring te gebruik en te deel, met die doel om 'n hoër standaard aan opleiding te gee en sodoende beter kwaliteit Beroepsjagters in die industrie te plaas. Sedertdien het my skool tot een van die mees gerespekteerde skole in die land gevorder, en my studente het van die hoogste prestasies in die land behaal. Studente wat die S.A. Nasionale Beroepsjagskool bywoon verdien hulle kwalifikasies deur baie harde werk en toegewydheid.
Algemene Inligting:
Die beroepsjagkurses duur vir twaalf dae van baie harde werk en groot vreugde. Die leerplan is goedgekeur deur die Departiment van Natuurbewaring in al nege provinsies, en word op insiggewende wyse aangebied. Boeiende en leersame lesings sowel as praktiese demonstrasies word deur Melville du Plessis, die skooldirekteur, asook gassprekers, wat meesters van hul vak is, aangebied. Dan is daar ook die geleentheid vir praktiese oefen en toepassing met bv. horingsskat, afslag, skiet en vele meer.
Die praktiese eksamen word deur die skooldirekteur ge-evalueer. Die algemene- en wetsvraestel word deur die Departiment van Natuurbewaring ge-evalueer.
Vir die doeleinde van die beroepsjagkursus moet u asseblief van die volgende belangrike inligting kennis neem.
Ons voorsien u met die volgende benodighede vir die kursus:
Lesing wat die hele leerplan dek.
Verblyf en maaltye.
Alle geriewe soos benodig vir die kursus.
Koeldrank. (Alkohol word nie ingesluit nie).
Vir die kandidate wat verder as 800km woon, en hierdie beroepsjagkool wil bywoon, bied ons gratis vervoer vanaf en na Johannesburg. U moet vroegtydig met ons reel indien u hierdie diens benodig.
U moet asseblief die volgende self voorsien:
Geweer, van minstens .270 of groter kaliber wat met 'n teleskoop toegerus moet wees.
Drie of meer pakke ammunisie.
- Slagmes en messlyper. (Kleiner mes werk makliker).
- Verkyker (goeie kwaliteit).
- Skryfpapier, pen, potlood, uitveer en "High Lite Pen".
- U persoonlike mediese benodighede.
- Gemaklike klere en 'n hoed. (Die aande raak soms koel).
- Handoek en toiletware.
Die volgende boeke word baie sterk deur ons aanbeveel, maar is hoegenaamd nie 'n vereiste nie.
Roberts' Birds of Southern Africa (Maclean)
A Field Guide to the Trees of Southern Africa (Piet & Braam van Wyk)
A Field Guide to the Animal Tracks of South Africa (L. Lienberg)
Field Guide to Snakes and Other Reptiles of Southern Africa (Bill Branch).
Mammals of South Africa (Burger Cillie)
Die maklike oplyn boekwinkel om die, en ander boek vanaf te bestel is www.kalahari.net omdat hulle meeste van die boeke aanhou, of vir jou sal bestel.
Daar is nog baie ander belangrike en duur boeke, maar ons voel dat hierdie reeds 'n goeie begin is. Berei uself intussen tuis voor t.o.v. die voëls, boomsoorte in die bosveld, (veral Mokopane omgewing). Oefen en raak vertroud met u vuurwapen. Weet hoe om 'n jagmes en 'n slagmes vlymskerp te maak. Raak vertroud met die ou meetstelsel in duime.
DIE KURSUS WORD AANGEBIED OP DIE PLAAS ZWARTKOP TE STERKRIVIER (ONGEVEER 45km VANAF MOKOPANE).
MAAK ASSEBLIEF SEKER DAT U VERTROUD IS MET AL DIE ALGEMENE INLIGTING WAT OP HIERDIE BLADSY VERVAT IS.
PROGRAM INLIGTING:
Die program behels ook die volledige leerplan soos neergelê deur die department NATURBEWARING, ten einde die beroepsjag eksamens af te lê.
Omdat hierdie 'n afrondings kurses is tot beroepsjag verwag ons dat u redelike praktiese veldkennis moet hê. Die skat van horing lengtes deur 'n verkyker op 100m is redelik moeilik, en ons vra dat u 'n ernstige poging aanwend om vooraf te oefen.
Reguit horings-- lengte van langste horing saam met die haargrein.
Spiraal horings-- lengte van die langste horing op die voorste naat tot by punt van horing.
BWB + Buffel -- grootste buite wydte van horing tussen 2 "carpenter squares".
Lesings Sluit in:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
WETLIKE VEREISTES:
Studente moet aan die volgende wetlike vereistes voldoen vir 'n permit om as beroepsjagter en/of jagondernemer op te tree in Suid Afrika. Kliek hier vir vereistes (In Engels).
Kontak die Skool Direkteur:
![]()
Outfitter & PH
Safari Accommodations
Travel Smart
Treatment of Trophies
Firearms
Hunting Trophies
Safari Rates
Trophy Fees
References
Photo Safari
Test your Knowledge
S.A. National Professional Hunting School
Nature/Field Guide Training
Home